Gereformeerde Kerk, Nelspruit
Het nie woorde nie. Nico was een van my min vriende in die Noord-Kaap. Sy plek sal moeilik gevul word. Die driemanskap is een minder. Sterkte vir sy vrou en familie.😢
My hart is seer vanoggend oor Nico. Sy vriendelikheid en grappies gaan ek erg mis.
Mag sy familie en geliefdes die nodige krag ontvang. 👏🏻👏🏻
Miem, ek sekondeer rondom oom Nico. As die bus daar by my klas was, en oral waar ons gebus het saam met hom was dit altyd net lekker en veilig. My hart is baie seer vanoggend.
Ek het nie woorde nie. 😭
Gaan sy geselsies in die kantoor mis 😔
Mag Jesus sy familie en geliefdes styf vashou 🙏
Môre almal, groot hartseer vir ons skool. Oom Nico is laasnag oorlede 😢🙏🏻
Morning everyone, sad news for our school. Oom Nico passed away last night 🙏🏻😢
Liewe Oupa,
Ek skryf hierdie woorde met ‘n mengsel van liefde, dankbaarheid, en hartseer. Jy het ‘n onuitwisbare merk gelaat op ons lewens
Oupa was vir my nie net ‘n oupa nie, maar ‘n bron van wysheid en inspirasie. Ek onthou die ure wat ons saam deurgebring het, luister na oupa se stories van vroeër en leer van oupa se lewenslesse. Oupa was my grootste voorbeeld van deursettingsvermoë, en niks kon oupa ooit onder kry nie
Die herinneringe aan daardie oomblikke van saamwees sal vir ewig in my hart bly. Daars n leemte vandat oupa nie meer fisies hier is nie, maar ek troos myself uit die feit dat ek deel was van oupa lewe en dat oupa ‘n onuitwisbare indruk op ons almal gemaak het.
Ek waardeer al die opofferinge wat oupa gemaak het vir die mense wie oupa lief het en die liefde wat oupa ons almal gegee het. Oupa se nalatenskap leef voort in die waardes en tradisies wat oupa aan ons deurgegee het. Oupa was ‘n rots in tye van storms
Ek hoop dat oupa vrede gevind het by Jesus se voete en dat oupa weet hoe baie ons jou mis. Mag oupa rus in vrede, en mag ons die erfenis van oupa se liefde voortdra. Ek beloof om daardie waardes hoog te hou en om te onthou dat oupa altyd ‘n deel van ons sal wees.
Rus sag my liefste oupa x
Liefde Shaneaka 🤍